RIVERSDAL NUUS - Die handsakprojek wat deur die ACVV Riversdal-tak geloods was, het goeie resultate tot gevolg gehad.
Die projek het behels dat ou handsakke, of handsakke wat vrouens nie meer gebruik het nie met toiletware en allerlei bruikbare artikels vul en dit aan die ACVV skenk.
Op hul beurt het die ACVV dit aan Mosaic Albertinia, 'n veiligheidshuis vir vroue en kinders wat slagoffers van geweld is, oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'