STILBAAI NUUS - Suid-Kaap Forum het verlede week berig oor die sirkel by die ingang van dié kusdorpie duskant die brug, maar ook die klein parkeerspasie voor die Infokiosk voor die ingang wat veronderstel is om parkering aan twee voertuie te bied.
Op die koerant se navraag aan Attie Prins van die firma Hatch Africa as die raadgewende ingenieurs, het Prins telefonies genoem dat die parkeerspasie wel effe vergroot gaan word.
"Dit sal egter net groot genoeg wees vir 'n voertuig wat 'n karavaan of boot sleep, maar beperkend sodat trokke nie daar kan stilhou nie."
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'