HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Voorwerp wat deur ‘n verbygaande motoris uit ‘n bakkie gegooi is, het groot skade aan ‘n bejaarde egpaar besorg toe dit hul bakkie se voorruit tref.
Daan (87) en Dina (78) Oosthuizen van Witsand was Sondagoggend 19 November vanaf Heidelberg onderweg na hul huis toe Dina, wat bestuur het, ’n kleinerige wit motor net na Soutpan verbygesteek het.
’n Wit platbak bakkie, vermoedelik ’n afleweringsvoertuig het in die teenoorgestelde rigting aangekom en vir hulle ligte geflikker.
Toe hy verbygaan, het hy iets uit die venster op hul bakkie gegooi.
Enige inligting oor die eienaar of bestuurder van die platbak bakkie kan hul dogter, Bets Hoffman by 028 537 1007 of 082 563 6987 skakel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'