Update
RIVERSDAL NUUS - Honderde inwoners van die Hessequa-gemeenskap het Sondag 1 Junie by die NG Moedergemeente Riversdal opgedaag vir die heropening van die kerk, na drie maande se restourasie werk gedoen is.
Ds. André Jordaan het die lint geknip en die gemeenskap, gaste en lidmate verwelkom.
Tielman Roos wat in beheer was van die restourasie het ’n kort verduideliking gegee van hoe die R1,6 miljoen spandeer is en dat alles binne die begroting gedoen is en dat daar nie een sent skuld gemaak is nie.
Die kerkgebou is in 1909 ingewy.
“Ons sien hierdie heropening as ’n tyd van terugkyk met dankbaarheid na die verlede, maar ook van hoop vir die toekoms,” het ds. André Jordaan gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’