RIVERSDAL NUUS - Jong landloopatlete van ses skole het Vrydag 31 Julie hul uithouvermoë én deursettingsvermoë tydens die derde been van die Hessequa-landloopliga, by Hoërskool Langenhoven op die proef gestel.
Atlete van Voorwaarts Primêr, Laerskool Volschenk, Laerskool Bertie Barnard, Panorama Primêr, Hoërskool Langenhoven en Gerhard du Plessis Sekondêr het aan die byeenkoms deelgeneem en puik vertonings gelewer.
Die liga bestaan uit vier byeenkomste en atlete moet aan minstens drie daarvan deelneem om vir insluiting in die Hessequa-landloopspan te kwalifiseer.
Die eersteplekwenners by die derde been was:
Meisies o. 8: Kaitlin Saayman (Voorwaarts)
Seuns o. 8: Taylor Hendriks (Voorwaarts)
Meisies o. 9: Andrea Pieterse (Panorama)
Seuns o. 9: Leogan Riddles (Voorwaarts)
Meisies o. 10: Klara van Wyk (Bertie Barnard)
Seuns o. 10: Jonathan Frances (Voorwaarts)
Meisies o. 11: Cassidy Jansen (Panorama)
Seuns o. 11: Lenesteyo de Villiers (Voorwaarts)
Meisies o. 12: Janique Claassen (Panorama)
Seuns o. 12: Eugene Saayman (Voorwaarts)
Meisies o. 13: Elcaydiha van Wyk (Panorama)
Seuns o. 13: Caleb Matthews (Voorwaarts)
Meisies o. 14: Katrien van Wyk (Langenhoven)
Seuns o. 14: Christiano Michaels (Voorwaarts)
Meisies o. 15: Bianca Frances (Gerhard du Plessis)
Seuns o. 15: Lee-Roy Jacobus (Langenhoven)
Meisies o. 16: Corly-Ann Pietersen (Gerhard du Plessis)
Seuns o. 16: Timothy Sebyboe (Gerhard du Plessis)
Meisies o. 17: Geen uitslag aangeteken nie
Seuns o. 17: Murray Bakkes (Langenhoven)
Meisies o. 18: Chelsea Saayman (Langenhoven)
Seuns o. 18: Willmark Daniels (Gerhard du Plessis)
• Die vierde en laaste been van die Hessequa-landloopliga sal bepaal watter atlete uiteindelik vir die streekspan gekies word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’