ALBERTINIA NUUS - 'n 14-jarige seun van Albertinia is Sondagoggend, 9 Oktober, ongeveer 04:00 glo deur 'n 17-jarige seun met 'n mes noodlottig gewond.
Simphiwe Jacobs, 'n graad 8-leerder by Okêr Primêr het op die toneel gesterf, 'n dag voor sy 15de verjaarsdag.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaap polisiewoordvoerder het die voorval bevestig. Volgens hom was die seuns blykbaar in 'n stryery by 'n woning in die dorp betrokke, waarna die oorledene toe met 'n mes gesteek is.
Lees die volledige berig in hierdie week se Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'