STILBAAI NUUS - Die Riversdal Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), asook GPF-lede van Albertinia, Heidelberg en Stilbaai het Saterdag 23 Junie 'n baie suksesvolle opleidingsessie in die dorp bygewoon.
Dit is deur die departement van gemeenskapsveiligheid se streekbestuurder, Justin Lottring, aangebied.
Die doel van die opleiding was om die verteenwoordigers toe te rus met die nodige kennis oor hulle rolle, funksie en verantwoordelikheid as GPF-bestuurslede en hoe om hierdie belangrike taak effektief te verrig.
Die Da Gamaskop-groepsvoorsitter, Zelda Beukes en bevelvoerder, kol. Una Saayman, het ook belangrike insette gelewer.
Klem is ook gelê op die departement se EPP (Expanded Partnership)-program, waar lede siviele oorsig oor die polisie uitoefen deur hul stasies gereeld te besoek en vergaderings met die bestuur by te woon om die vennootskap tussen die polisie en die gemeenskap te versterk.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'