STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hou op Woensdag 24 Junie om 18:00 'n inligtingsvergadering in die Melkhoutfontein-gemeenskapsaal.
Die doel van die vergadering is om terugvoer te gee oor die GPF se kwartaallikse aktiwiteite en om inwoners op hoogte te bring van veiligheidsake in die gebied.
Lede van die Stilbaai-polisie sal misdaadstatistieke vir Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein bespreek, terwyl Hessequa-wetstoepassing hul statistieke en werksaamhede met die gemeenskap sal deel.
Die plaaslike buurtwag sal ook terugvoer gee oor hul aktiwiteite en belangrike veiligheidsinligting met inwoners deel.
'n Opdatering oor die vordering en suksesse van die sekerheidskameraprojek sal aangebied word, waarna gemeenskapslede die geleentheid sal kry om vrae te stel en bekommernisse onder die aandag van die betrokke rolspelers te bring.
Inwoners wat ingelig wil bly oor veiligheidskwessies in die gebied word aangemoedig om die vergadering by te woon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’