Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende September verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues Projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan Mariana Ellis (Stilbaai), asook die volgende besighede op Stilbaai: Blinds Factory, Stilbaai Slaghuis en Tabeel vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Huis Stilbaai: Matthys Cronjé (04-09-1928), Maria Beukes (09-09-1927), Davis Booker (13-09-1938), Isabella du Preez (17-09-1937), Trix Engelbrecht (22-09-1931), Mabel Truter (23-09-1935), Delina Goosen (25-09-1927) en Bettie Niehaus (30-09-1938).
Jan Lange, Riversdal: Chris van Wyk (24 09 1927).
Ou Meule, Riversdal: Maria Teixeira (02-09-1933) en Rona Nel (03-09-1930).
Stillerus, Melkhoutfontein: Caroline Marais (22-09-1957).
Huis Zenobia Du Toit, Heidelberg: Anna Thiart (06-09-1936).
• Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'