HEIDELBERG NUUS - Dié dorp is in rep en roer ná die afloop van die 27ste Wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste met die nuus dat 'n oudleerder, Elmarie Jegels (19), goud verwerf het.
Dié spogproduk van Heidelberg het met haar goue stem die eerste plek in die kategorie Vocal Broadway in die ouderdomsgroep 18 tot 24 losgesing.
Elmarie was deel van 29 begaafde jong kunstenaars, wat sangers, akteurs asook dansers en musikante ingesluit het, in die SA span vir uitvoerende kunste wat vanaf 28 Junie tot 7 Julie by Westin Long Beach California, Los Angeles, aan die wêreldkampioenskappe deelgeneem het.
Die begaafde leerder, wat verlede jaar aan Hoërskool Heidelberg gematrikuleer het, koester al sedert haar laerskooldae by De Waalville Primêr drome om haar merk op die wêreldverhoog te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’