GROOT-BRAKRIVIER NUUS - AGS Greenhaven het op 21 Junie hul 21ste bestaansjaar gevier.
Die jeug-afdeling was bevoorreg om die Gospelsanger, Charnell Hoogbaard, as hoofsanger vir die aand te kry, met ander kunstenaars soos Angelo Gertse, Shalamon Jason, Cazene Scheepers, AGS Greenhaven-jeug, AGS Parkdene-jeug, VGK Blanco, AGS Greenhaven-dansgroep, AGS Grootsorgfontein en AGS Friemersheim.
Die aand is deur broer Havean Meyer (jeugleier: AGS Greenhaven) en sy bestuur gereël en was tevrede met almal se ondersteuning by die geleentheid.
Mense van so ver as Albertinia en Knysna het dit bygewoon.
Hoogbaard het hulle geseën met die gawe wat die Here aan haar gegee het. Dit was haar eerste keer in drie jaar dat sy Groot-Brakrivier besoek het.
Die organiseerders bedank haar, maar ook elkeen wat hulle ondersteun het. "Spesiale dank aan past. Leon Prinsloo wat die kerkdeur vir Charnell oopgemaak het."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'