Update
ALBERTINIA NUUS - Albertinia-inwoners loop behoorlik deur onder gholfballe wat in residensiële gebiede rondgeslaan word.
'n Inwoner wat anoniem wil bly uit vrees vir viktimisasie sê hy weet nie meer waar om sy voertuig te parkeer nie. "My bakkie is al verskeie kere deur gholfballe getref en dit maak ons as gemeenskap behoorlik die herrie in," het hy gesê.
Volgens die slagoffer van die residensiële gholfspel speel die jongspan elke dag gholf in die strate en niemand doen iets daaraan nie. Hy gee kinders wat nie skoolgaan nie die skuld vir die saakbeskadiging.
Sy gevoel is dat Albertinia oor 'n gholfbaan beskik, maar die kinders verkies om eerder in die strate te speel. "'n Seuntjie is onlangs deur 'n gholfbal op sy mond getref, maar niks is word aan die probleem gedoen nie," het hy bygevoeg.
Sommige van die jong gholfers het aan Suid-Kaap Forum se Albertinia-korrespondent gesê dat hulle dit nie kan bekostig om by die gholfklub te gaan speel nie, omdat hulle ouers werkloos is. Gemeenskapslede waarmee gepraat is, het volgehou die kinders moet op die gholfbaan gaan speel.
*Met ter perse gaan het die Forum nog geen kommentaar oor die probleem van die polisie ontvang nie.
Vorige artikel: Albertinia boos oor gholf in strate
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'