ALBERTINIA NUUS - Albertinia-inwoners loop behoorlik deur onder gholfballe wat in woongebiede rondgeslaan word.
Volgens ‘n inwoner wat anoniem wil bly weet hy nie meer waar om sy voertuig te parkeer nie.
“My bakkie is al verskeie kere deur gholballe getref en dit maak ons as gemeenskap behoorlik die herrie in,” het hy gesê.
Sy gevoel is dat Albertinia oor ‘n gholfbaan beskik, maar die kinders verkies om eerder in die strate te speel.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'