MOSSELBAAI NUUS - Vyf mans het vanoggend, op Woensdag 2 Maart om ongeveer 10:10 die Hartenbos Supermark naby die Spar in Kaap de Goede Hooplaan beroof.
Die polisie se kommunikasiebeampte, Adjudant Offisier Kappie Kapp sê een van die verdagtes het ‘n vuurwapen gehad.
“Die verdagtes het ‘n onbekende bedrag kontant, sigarette en ‘n selfoon gesteel voordat hulle in ‘n wit Citi Golf gevlug het.”
Die voertuig is kort na die rooftog verlate in KwaNonqaba gevind.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof by ‘n besigheidsperseel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'