HESSEQUA NUUS - Die Garden Route-distriksmunisipaliteit het onlangs donasies van matrasse asook pakkies met lekkernye aan kleuterskole in die Hessequa-streek geskenk.
Jobieth Hoogbaard, uitvoerende burgermeesterskomiteeraadslid, het dié skenkings aan die personeel van Neskuikentjie en die Kleine Diamantjies-dagsorgsentrums oorhandig.
Hy is deur Hamish Herwel en Marchelles Hurling, albei verbonde aan die distriksmunisipaliteit se gesondheidsdepartement, vergesel.
Hoogbaard het aan beide die sentrums se personeel bevestig dat dit nie die laaste keer sal wees wat hulle hom sal sien nie. Die personeel en die kleuters was hoog in hul skik met die skenkings.
Hamish Herwel en Jobieth Hoogbaard, albei van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, staan by Petro Joseph, prinsipaal van Kleine Diamantjies-dagsorgsentrum, met van die geskenke wat hulle van die distriksmunisipaliteit ontvang het. Foto's: Clive Pretorius
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’