HEIDELBERG NUUS - 'n Huisgesin van Heidelberg het gisteraand (Woensdag 16 Oktober) alles verloor toe hul plaashuis deur vlamme in puin gelê is.
Marius Kluyts, plaasbestuurder op die plaas Diepkloof sy vrou en hul drie kinders moes die huis blitsvinnig ontruim toe hy ongeveer 23:30 wakker word en besef dat die huis in ligte laaie is.
Hy vertel dat hy alles in die brand verloor het, onder andere die werkers se lone wat hy net gistermiddag getrek het vir uitbetaling. "Gelukkig is my en my vrou se ID’s nie in die slag verlore nie, maar wel ons kinders se geboortesertifikate.
"Ons kon basies nie veel red nie en ons kinders het net die nagklere oor wat hulle aangehad het."
Gelukkig was daar geen beserings nie, maar hul hond het in die brand omgekom.
Die brandweer het heelnag probeer om die vlamme te blus.
Kluyts skat die totale skade wat hulle gely het op ongeveer R8 miljoen.
Die vermoede is dat die brand deur 'n kortsluiting in die kombuis veroorsaak is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’