STILBAAI NUUS - Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool in Riversdal se matriekklas van 1994 het ná drie dekades na hul “vrylating” vanaf die skoolbanke besluit om einde September vanjaar reünie te hou.
Die groep van ongeveer 35 matrikulante vanuit die ses matriekklasse het die naweek se vieringe in Stilbaai gevier. Weens ander verpligtinge kon die meerderheid van die klas van 1994 nie die verrigtinge bywoon nie.
Van die aanwesiges het vanaf Kaapstad, Worcester, George, Mosselbaai en vele ander dorpe gekom om die besonderse samekoms te vier.
Tydens die verrigtinge is daar ook kerse aangesteek vir klasmaats wat oorlede is met hul name en foto's daarby om hulde aan dié ontslapenes te bring.
Lenville Riddles sê hulle het alles in hul vermoë gedoen om soveel moontlik van die matrieks by die reunie te betrek, maar ongelukkig het dit nie gerealiseer nie. Diegene wat wel daar was, vertel Riddles, het dit terdeë geniet het.
Vele stories is vertel en herleef van hul tydperk op hoërskool, maar veral die laaste jaar van hul skoolloopbaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’