RIVERSDAL NUUS - Leerders van Gerrit du Plessis Sekondêr het die afgelope maand met verskeie uitstekende prestasies in toneelkompetisies beïndruk.
Die skool het op Vrydag 7 Augustus aan ’n kompetisie van die departement van kultuur, kuns en sport deelgeneem en daarin geslaag om na die eindronde deur te dring.
Die sukses het die volgende dag voortgeduur toe die skool aan die ATKV-toneelfees in Victoria-Wes deelgeneem het en algeheel tweede gekom het.
Daarbenewens is Wineschka Saayman en Elister Sauls onderskeidelik as die beste vroulike en manlike byspelers aangewys.
Die produksie, wat deur Adrian Swartz geskryf is, is ook as die beste nuutgeskrewe teks bekroon.
Op 26 Augustus het die skool aan die Ratem-eisteddfod deelgeneem, waar twee produksies, Action en Vlekke op die vlerke, opgevoer is. Action het ’n goudtoekenning ontvang, terwyl Vlekke op die vlerke met goud-plus bekroon is.
Laasgenoemde produksie het ook die toekenning vir beste eenbedryf ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’