STILBAAI NUUS - Die pragtige Stilbaai Parkrun roete het Saterdag 164 atlete gelok om in die 164ste Stilbaai-Wes Parkrun al langs die see en Goukourivier te draf.
Heel gepas het Gary Butler, van Durban, in Stilbaai sy 250ste Parkrun voltooi met 'n tyd van 32:30, terwyl sy vrou, Vee, nie te lank na hom klaargemaak het nie.
Khan Nothnagel, wat eerste geëindig het met 'n tyd van 19:02 is gejaag deur sy suster Katja wat vyfde klaargemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’