STILBAAI NUUS - Vrydag 10 Oktober word daar tydens die Stilbaai Fynbosfees 'n pragtige musiek- en woordervaring aangebied.
'Prente by 'n uitstalling' deur Mussorgsky met Tertia Visser-Downing op klavier en verse deur Phillip de Vos beloof 'n aand van kuns, musiek en fynbos wat jy nie wil mis nie.
Bring jou vriende en familie saam en vier die Stilbaai Fynbosfees in styl.
Dit begin 19:00 in die Baptiste kerksaal in Stilbaai-Oos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’