STILBAAI NUUS - Begin die Stilbaai Fynbosfees op 'n drafstap deur die Pauline Bohnen-natuurreservaat.
Hierdie seldsame geleentheid om Stilbaai se mooiste fynbos (insluitend skaars en bedreigde spesies) van naby te beleef, vind Sondag 5 Oktober plaas en daar is 'n 5 km- en 'n 10 km-roete.
Met die 5 km roete is daar ook 'n hoenderloop vir dié wat die natuur op 'n ligter noot wil geniet.
Medaljes vir alle deelnemers, waterpunte op die roete en fantastiese pryse is alles op die spel.
Of jy nou stap of hardloop, die lenteloop gaan oor pret, fiksheid en fynbos.
Dit begin 08:00 by Fresh Lemon in Stilbaai-Oos en eindig ook weer daar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’