STILBAAI NUUS - Iemand het eendag gesê dat hy nie op vakansie gaan nie, want hy ry nie fiets of draf nie.
Stilbaai se strate wemel behoorlik vakansietye van die fietsryers en drawwers en moenie van die stappers vergeet nie.
Die son sukkel nog om sy kop te lig dan is hulle al aan die gang, meeste met 'n glimlag.
As 'n bonus doen hierdie adrenalienverslaafdes, fiksheid- en gesondheidbewustes en plesiersoekers dit in een van die mooiste en veiligste vakansiedorpe in Suid-Afrika, naamlik Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’