ALBERTINIA NUUS - Musikante van Johannesburg en Port Elizabeth, asook 'n welbekende kwaito-groep het gesorg vir 'n lekker atmosfeer tydens 'n familiedag op Vrydag 5 Oktober.
Die dag is met 'n verwelkoming en bedanking aan Eric Pietersen begin, omdat hy die dag moontlik gemaak het sodat families en vriende saam kan ontspan.
"Mnr. Pietersen dra die gemeenskap se belange op die hart en maak seker dat ons jeug nie ten gronde gaan nie," het die speaker van die Hessequa-raad, Andrew Stroebel gesê.
"Hy het Pieterse bedank vir alles wat hulle gedoen het vir die familiedag. Hy het verskoning gemaak omdat die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles dit nie kon bywoon nie omdat hy ander werksverpligtinge gehad het.
Geen geweld of onaangename voorvalle is tydens die verrigtinge aangemeld nie, omdat die sekuriteit op hul pos was en die plaaslike polisie het ook seker gemaak alles verloop glad.
Pietersen het sy bestuurder, Fred Karelse, bedank vir die lang ure wat hy ingesit het om alles in plek te kry, asook die gemeenskap vir hul samewerking en ondersteuning. Die organiseerders het almal bedank wat met die sekuriteit, snoepie en drinkplekke gehelp het.
Andrew Stroebel en Eric Pietersen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'