STILBAAI NUUS - Elmich van den Berg van Stilbaai kon nie wag om agter die stuur van haar splinternuwe Nissan NP200 bakkie in te skuif nie.
Sy het die bakkie, ter waarde van meer as R200 000, gewen in 'n landwye kompetisie van OK Liquor en al wat sy moes doen was om haar OK kaart te swaai wanneer sy inkopies by OK Liquor gedoen het.
JC Janse van Rensburg van OK Foods en OK Liquor in Stilbaai het die bakkie Woensdag 31 Julie aan die opgewonde Elmich oorhandig en sy het natuurlik nie woorde gehad nie, want haar glimlag was van oor tot oor.
JC sê dat daar landwyd net drie NP200 bakkies en een dubbelkajuitbakkie gewen kon word , wat 'n bewys is dat selfs in die klein dorpies dit ook moontlik is om te wen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’