By die Godsdienstige kultuur aangeleentheid is die Koninklike huis van Goukou herstel deur die leier, Paramount Chief Henry David Goukou II Solomons.
Gaste van heinde en verre het die geleentheid bygewoon terwyl dit die taak van die Morawiese Basuinekoor van Bellhar Kaapstad, asook Amanda was om die gaste met sang en musiek te vergas.
Rdl. Emor Nel, burgemeester van Hessequa het die gaste beïndruk met haar uitstekende toespraak oor die kultuur waardes van die streek. Terwyl rdh. Jeffrey Donson, burgemeester van Kannaland almal daar teenwoordig herinner het dat die Hessequas en die Attequas een geskiedenis deel, en dat Goukou hul gesamentlike Voorvader is. Chantal Bruckner, die verteenwoordiger van Hessequa Khoisan Royal House op die nasionale Khoi raad, het 'n woord van groete aan die Volk oorgedra.
Dit was voorwaar 'n dag van groot vreugde met die huweliksbevestiging van Goukou II en die herstel van die Koninklike Huis van Goukou.

Die seremonie tydens die Hessequa Khoisan Royal House se geskiedkundige !Nau wat op Saterdag, 30 November plaasgevind het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'