STILBAAI NUUS - Helgardt van Wyk van Riversdal het vroeg in die 1920's 'n vragmotor omskep in 'n soort van 'n bus.
Hierdie luukse vervoer het mense tussen Stilbaai en Riversdal gekarwei, maar dit het nie aldag voorspoedig verloop nie.
Die bus het met die minste inspanning gekook soos 'n stoomenjin en moes dan eers stop om af te koel.
Met elke opdraande het die passasiers asem opgehou en het 'n sug van verligting gesmaak as hulle bo kom.
Hierdie staaltjie kom uit Helene Steyn se boek "Stilbaai."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’