ALBERTINIA NUUS - Die bestuurder van 'n bakkie is Vrydag, 25 September op die toneel oorlede nadat die voertuig gerol het.
Volgens kaptein Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie het hy waarskynlik beheer oor die bakkie verloor.
Die voorval het teen ongeveer 17:00 op die N2 buite Albertinia naby die Garden Route Game Lodge gebeur.
Sy passasier is per ambulans na George-hospitaal vervoer. "Hy het ernstige beserings aan sy been opgedoen en is nog in die hospitaal."
Die mans, werknemers van Eskom, het vanaf Port Elizabeth gereis waar hulle werk moes gaan verrig, aldus Botha.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'