GOURITS NUUS - Volgens inligting het 'n ernstige motorongeluk in die vroeë oggendure van Maandag 20 Julie op die N2 by die Gouritsbrug plaasgevind.
Na bewering was twee ligte motorvoertuie en 'n minibus-taxi in die botsing betrokke.
Een persoon het op die toneel gesterf, terwyl 20 ander ernstige beserings opgedoen het.
Nooddienste is tans op die toneel besig met opruimingswerk.
Verkeer word deur middel van 'n stop-en-ry-stelsel beheer, en motoriste word versoek om versigtig te bestuur en vertragings te verwag totdat die toneel volledig opgeruim is en die pad weer vir normale verkeer oopgestel kan word.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Die Suid-Kaap Forum wag op amptelike bevestiging van die voorval en sal die berig bywerk sodra meer inligting beskikbaar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’