HEIDELBERG NUUS - Twee lede van die plaaslike polisie het Saterdagaand 6 Julie ‘n inwoner in Kerkstraat in die Oos-Dorp met dwelms in sy besit betrap ná ‘n wenk deur 'n lid van die publiek.
Konstabels Keeno Fredericks en Peter-John Gordon, beide lede van die C-skof, het tydens die arresstasie op 10 bankies tik asook een en ‘n half Mandrax-pille beslag gelê.
Die 47-jarige beskuldigde is op 'n aanklag van besit en handel in dwelms in hegtenis geneem.
Die beskuldigde is egter vrygelaat en sal op ‘n latere datum in die hof verskyn nadat die uitslae van die labotoriumtoetse beskikbaar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’