HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie het op Dinsdag, 4 Mei in die vroeë oggendure ‘n vermeende dwelmhandelaar in Dollar Square in hegtenis geneem.
Die C-skof lede het beslag gelê op 75 tikstrooitjies, twee volle mandraxpille, asook vier halwe en vier kwart mandrax pille wat in ‘n babadoek versteek was.
Die 26-jarige man is na ‘n vlugtige verskyning in die hof vrygelaat en sal op ‘n latere datum in die hof verskyn na die uitslae van die labotoriumtoetse beskikbaar is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'