Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Droom, ’n sambreelorganisasie wat ’n diens aan die dorpe se bejaardes lewer, bestuur twee tehuise, naamlik Jan Lange en Ou Meule.
Suid-Kaap Forum het agter die skerms gaan kyk om te sien hoe Droom funksioneer.
Daar woon tans altesaam 152 inwoners in die twee tehuise waar smaaklike etes, mediese versorging en gelukkige samesyn die norm is.
Volgens Chris Veldsman, bestuurder van Droom, is die tehuise se bejaardes deel van die gemeenskap. Hul fondse word aangevul deur aktiwiteite, soos die jaarlikse basaar, wat met die hulp van die gemeenskap aangebied word.
In ruil dra die tehuise by tot die finansiële welvaart van die dorp, nie net deur besteding nie, maar ook deur werkskepping.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'