STILBAAI NUUS - Jan Heenop en Nico Steenekamp het Saterdag, 30 April 'n driekampbyeenkoms in Stilbaai aan te bied as 'n proeflopie om te sien of so iets suksesvol sal wees.
Ongeveer 20 persone van alle ouderdomme het die uitdaging aangepak.
Hoewel die idee nie was om wenners te hê nie omdat elkeen teen hom- of haarself deelgeneem het, het André van der Merwe en Mirjam Breedt stof in die oë van die ander deelnemers geskop.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'