STILBAAI NUUS - 'n Botsing waarin drie voertuie betrokke was, het Donderdagmiddag omstreeks 17:00 by die Stilbaai-afdraai plaasgevind.
Nooddienste het vinnig op die toneel gereageer. Volgens aanvanklike berigte is geen ernstige beserings opgedoen nie.
Mtoriste word versoek om versigtig te wees wanneer hulle die gebied nader, aangesien glasstukke oor die pad versprei is.
Padgebruikers word ook gevra om nie onnodig by die ongelukstoneel stil te hou nie, sodat nooddienste hul werk veilig en doeltreffend kan verrig en verkeersvloei so min moontlik ontwrig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’