RIVERSDAL NUUS - Drie verdagtes is Vrydag 31 Mei op Riversdal in hegtenis geneem tydens ’n klopjag deur die Da Gamaskopstreek polisie nadat hulle op ’n groot bedrag kontant en tik beslag gelê het.
Twee mans en ’n vrou is in Aloeridge met die kontant en dwelms betrap.
Die operasie was onder leiding van kapt. Mervyn Zana, waarnemende stasiebevelvoerder op Heidelberg en kapt. Yolandé January, Vispol-hoof: Riversdal-polisie.
Lede van verskeie polisiestasies vanoor die streek, asook lede van die publieke openbare polisie (POPS) was betrokke.
’n Beroep word op alle inwoners in die streek gedoen om nie met dwelms te smous nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'