RIVERSDAL NUUS - Drie mans is gearresteer vir besit van dwelms terwyl plaaslike polisielede op Woensdag 19 September met misdaadvoorkoming besig was.
Abie Liebenberg, Kevin Christians en Ettiene Joseph is in besit van 398 Mandrax-tablette betrap.
Volgens lt. kol. Delicia Isaacs, plaaslike stasiebevelvoerder, is die waarde van die dwelms R32 000. Hulle het ook op 'n voertuig beslag gelê.
Die drie verdagtes het Donderdag 20 September in die plaaslike hof vir vermeende dwelmhandel verskyn. Borgtog is geweier. Hulle sal weer Woensdag 3 Oktober in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'