RIVERSDAL NUUS - Die Covid-19 pandemie het ook erg aan tehuise in die streek se geldsak gevat en moes ernstig aan geskikte maniere gedink word om dit aan te vul.
Chris Veldsman, bestuurder van DROOM se tehuise op Riversdal het gesê dat hul verlies aan inkomste op ‘n geskatte R1,2 miljoen beraam word.
Koppe is bymekaargesit en hulle het besluit om ‘n virtuele hardloop-, fietsry- en stap-uitdaging vanaf 27 tot 29 November aan te bied.
Geen inskrywingsgelde word gevra nie, maar elke kilometer wat gestap, gedraf of per fiets gery word, moet geborg word.
Om vir die virtuele DROOM-uitdaging te registreer of vir meer volledige inligting, kontak die sosiale koördineerder, Retha Benadé per epos by sosiaal@droomriversdal.co.za
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'