HESSEQUA NUUS - Vlak 3-waterbeperkings geld vanaf 1 November in die hele streek, behalwe Witsand en wyke een en drie.
In die laasgenoemde gebiede sal vlak 3 slegs van 15 Desember tot 15 Januarie 2020 van krag wees, terwyl vlak 1 beperkings steeds voortgaan.
Die twee wyke bestaan uit Gouritsmond, Melkhoutfontein, Vermaaklikheid, Stilbaai-Wes en -Oos en Jongensfontein.
Die bepalings sluit onder meer in dat
- tuine slegs tussen 16:00 en 18:00 natgemaak mag word; gelyke straatnommers op Dinsdae en ongelyke nommers op Donderdae;
- tuinslange slegs onder toesig gebruik mag word. Emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels is toelaatbaar, mits dit in die voorgeskrewe tyd gebruik word;
- geen verharde oppervlaktes afgespuit mag word nie;
- voertuie, karavane en bote slegs met behulp van emmers, hoëdrukspuite of tuinslange gewas mag word;
- alternatiewe waterbronne soos reënwatertenks en boorgate duidelik aangedui moet word;
- plekke soos ouetehuise, kwekerye en karwasbesighede vir vergunnings aansoek mag doen.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'