Video
RIVERSDAL NUUS - Die strate van Riversdal is deurdrenk in rooi, wit en blou soos die opwinding toeneem vir Hoër Landbouskool Oakdale se gewilde Akkerfees en die langverwagte interskole-wedstryd teen Hoër Landbouskool Boland wat môre afskop.
Van die dorpsingang tot by Oakdale se hekke is bome, lamppale en winkels feestelik versier met vlae, linte en plakkate in die tradisionele skoolkleure.
Die gemeenskap het weer eens saamgestaan om hul ondersteuning aan die plaaslike trots, Oakdale, te wys.
Die Akkerfees, wat jaarliks met die interskole saamval, is ’n hoogtepunt op die dorp se kalender en bring sport, kultuur, tradisie en samehorigheid byeen.
Volgens plaaslike inwoners is die gees in die dorp tasbaar, met gespanne verwagting in die lug.
“Jy kan net voel iets groot is aan die gebeur. Dis nie net sport nie - dis deel van wie ons is,” sê ’n winkelier van die hoofstraat.
Terwyl spanne voorberei vir die groot ontmoeting, is daar hoop dat sport en sportmangees die ware wenners van die dag sal wees.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’