HEIDELBERG NUUS - 'n 75-jarige man van Heidelberg het Woensdagoggend, 15 September in die Swellendam-landdroshof op ‘n klag van seksuele aanranding op sy 43-jarige dogter verskyn.
Die bejaarde pa en sy volwasse dogter was glo op op 13 September alleen by die huis toe die beweerde betasting gebeur het.
Die dogter beweer haar pa het sonder haar toestemming haar privaatdele betas. Sy sê ook dit is nie die eerste keer dat hy haar betas nie.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisie se mediabeampte, is die saak tot Maandag 20 September vir verdere ondersoek asook 'n moontlike borgaansoek uitgestel.
Die beskuldigde is in aanhouding in die Buffeljagsrivier-gevangenis.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'