Update Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Drie persone is noodlottig beseer nadat twee vragmotors mekaar Woensdag 16 Januarie, ongeveer 04:30 in ’n botsing op die N2 tussen Albertinia en Riversdal, digby Dekriet/Resiesbaan reg van voor getref het.
Twee persone wat in ’n vragmotor was wat brood vervoer het, is oorlede en een persoon wat in ’n vragmotor van die maatskappy ‘Viking’ was wat vis vervoer het.
Hoewel dit nie met sekerheid gesê kan word nie, bestaan die vermoede dat een van die vragmotorbestuurders aan die slaap moes geraak het.
Die N2 het soos ’n slagveld gelyk met al die nooddiensvoertuie en -personeel op die toneel. Dit het ure geneem om die liggame van die oorledenes te bevry. Die pad was baie lank vir verkeer gesluit en veral vragmotors het vir kilometers ver gestaan en wag. Meeste kleiner voertuie het omgedraai en van ’n alternatiewe roete gebruik gemaak. ’n Stop-en-ry is eers teen ongeveer 10:30 vir eenrigtingverkeer oopgestel.
Volgens kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, is ’n saak van strafbare manslag geopen.
Lees 'n vorige artikel hier: N2 Accident update.
Sien video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'