STILBAAI NUUS - Schalk Prinsloo en sy span is aan die woel en werskaf by Die Brugmark in Stilbaai.
Hulle is besig om die paadjies tussen die stalletjies en die sitgedeelte van Die Brugmark te plavei.
Mense wat moeilik stap en mense in rolstoele sal in die toekoms baie gemakliker tussen die stalletjies kan beweeg en na 'n bui reën sal besoekers nie deur modder en poele water hoef te stap nie.
Volgens Schalk behoort die werk afgehandel te wees teen die tweede week in Oktober, maar besoekers kan gerus wees dat Die Brugmark nog steeds elke Saterdag oop sal wees.
Die Brugmark is vir baie inwoners en vakansiegangers al 'n instelling op 'n Saterdagoggend en hierdie plaveisel gaan die koop- en kuier ervaring net nog lekkerder maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’