Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Brand het ook in hierdie dorp, blykbaar naby die Duivenhoksrivier uitgebreek.
Charl Wade, Westelike streeksbestuurder van die SCFPA (Southern Cape fire Protection Association) het aan Suid-Kaap Forum bevestig dat hulle op die toneel is.
Die oorsaak en omvang van die brand is nog nie bekend nie.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'