RIVERSDAL NUUS - Diewe het Maandagoggend vroeg by ‘n bekende klerekettingwinkel in Kerkstraat in Riversdal ingebreek en met ‘n onbekende getal selfone en kontant weggekom.
Volgens die waarnemende kommunikasiebeampte van die Riversdal-polisie, a.o. Hans Busch, het die inbraak glo tydens beurtkrag, enigiets tussen 02:00 en 04:30, gebeur.
Busch sê dit wil voorkom of die diewe spesiale toerusting gebruik het om deur die dak van die gebou toegang tot binne die gebou te verkry waarna hulle die alarmstelsel uitgeruk en ‘n onbekende getal items gesteel het. “Dis nog onseker of hulle klere ook gebuit het.
Speurders was teen Dinsdag nog besig om die toneel vir leidrade te fynkom.
Busch sê daar is wel vingerafdrukke op die toneel gevind.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'