Update
RIVERSDAL NUUS - Vyf honde in die plaaslike skut soek dringend nuwe eienaars (sien foto's hiernaas). Vier van die honde is reuns, waarvan drie gekastreer is.
Indien jy in enige van hierdie honde belangstel en hulle van 'n liefdevolle huis kan voorsien, kan die skut gekontak word by 028 713 7817, of andersins Shanine O'Connell van CARS by 071 326 1670.
"Ons het ook heelwat troeteldiere vir aanneming beskikbaar wat in CARS se sorg is," sê O'Connell.
Dit is belangrik om in ag te neem dat diere, soos kinders, baie aandag en liefde nodig het en dat daar sekere mediese aspekte is wat nie agterweë kan bly nie, soos inspuitings teen katgriep, ontwurming ensovoorts.
Lys van beskikbare troeteldiere
- 6 klein katjies
- 2 volgroeide worshonde
- 2 Maltese poedels
- 2 Jack Russels
- 3 klein hondjies
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'