HEIDELBERG NUUS - Chanté Hopkins, van Heidelberg, en haar pa, André van der Merwe, van Stilbaai, het die afgelope naweek in Port Elizabeth by die Ysterman-kompetisie twee puik individuele vertonings gelewer.
Chanté het in die volle Ysterman (3.9 km-swem, 180.2 km-fietsry en 42.2 km-draf) deelgeneem en eerste geëindig in die vroue ouderdomsgroep 25 - 29 in 'n tyd van 11:52:27.
Sy was ook algeheel 38ste uit 142 deelnemende vroue.
André het aan die 5150 Ironman deelgeneem (1.5 km-swem, 40 km-fietsry en 10 km-draf) en hy was die eerste man in die ouderdomsgroep 55 - 59 in 'n tyd van 2:26:30.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’