Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die 86-jarige Arah O’Connell van Stilbaai het gewis en seker groen vingers, daarvan getuig haar groentetuin - maar in besonder die ellelange boontjies wat tot 58 cm lank is!
Volgens Arah het sy ‘n paar boontjiepitte by ‘n vriend gekry, maar hulle was baie klein en sy het getwyfel of dit ooit sal groei.
Sy het egter besluit dit sal nie skade doen om te probeer nie en het dit in ‘n emmer met heelwat kompos daarin, geplant.
Kyk 'n video hieronder
“Toe dit begin opkom, het ek dit met arendsoë dopgehou. Dit het begin rank en ek en my man was verstom toe ons die eindresultaat sien,” vertel sy.
Arah O’Connell is trots op haar uitsonderlike lang boontjies.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'