RIVERSDAL NUUS - Die prys van aartappels sal nooit weer dieselfde wees nie.
Aartappelpryse het die afgelope jaar verdubbel. 'n Sak van tien kilogram kos nou R140. Dit kos die boer R55 om te produseer, maar hulle is gelukkig as hulle R15 per sak kry.
Vir R15 kan jy dalk 'n effense kooksel kry. Maar jy kan dit darem braai, stoom of fynstamp.
Eers voorbereiding, onder 'n kraan (as daar water is) om grond en goggas weg te was. En af en toe is daar meteens 'n vonds, geskep deur die natuur: 'n aartappel in die vorm van 'n hart! Vir net R15!
Gewis nie vir die pot nie, eerder geskik vir 'n kunswerk.
'n Hart tussen die aartappels. Foto's: Christiaan de Swardt
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’