Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Drie inbrake by Stilbaai Slaghuis se Melkhoutfontein Deli het oor die afgelope 14 dae plaasgevind.
Die laaste inbraak het gedurende die nag van 23 en 24 Augustus plaasgevind.
Die diewe het letterlik die diefwering afgesaag en die venster verwyder, waarna hulle die elektriese koord van die kasregister geknip en dit kompleet verwyder het.
"Die volgende dag se 'float' was daarin, asook laatmiddag se verkope," het Marietta Herselman van die slaghuis gesê. Sy bedank Johan Boshoff van hul sekuriteitsmaatskappy vir sy vinnige optrede en diens.
Die stasiebevelvoerder, kapt Johan van Tonder, het bevestig dat nog 'n saak geopen is.
Dit word deur adjudant offisier Tekkie Grebe ondersoek en enige inligting, veral indien iemand weet waar die kasregister is of ander inligting oor die diefstal, sal vertroulik en anoniem hanteer word.
Grebe kan by 079 894 1593 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'