STILBAAI NUUS - Sowat 3,3 hektaar van erf 657, die stuk grond tussen die gholfbaan en Jongensfontein-pad, gaan hersoneer word na besigheidsone 1 en per veiling verkoop word op Dinsdag 23 Desember.
Die grond ter sprake is op die hoek van Hoofweg-Wes en die Jongensfontein-pad en is maar 'n klein gedeelte van die sowat 62 hektaar wat erf 657 beslaan.
Die haweloses sal seker beswaar aanteken, want dit is hulle slaapplek, en hierdie ontwikkeling sal hulle net na 'n ander gebied laat verskuif.
Hierdie is nie 'n besluit wat Hessequa-munisipaliteit ligtelik sou neem nie en daar is beslis oorweging aan alle scenarios geskenk, want die polemiek tussen bewaring en ontwikkeling sal nou weer op die voorgrond kom.
Hopelik sal die ontwikkeling tot voordeel van die gemeenskap wees sonder om afbreuk te doen aan die karakter, want die groen gebied in Stilbaai raak al minder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’