STILBAAI NUUS - Die OK Foods het op 7 September aan die nasionale OK franchise-houer van die jaar-kompetisie deelgeneem.
Hulle het as die Wes-Kaap se franchise van die jaar na die nasionale kompetisie deurgedring.
Hoewel hulle deur die OK Grocer in Mahikeng, wat vier keer hul grootte is, die loef afgesteek is, is eienaar André von Molendorff baie tevrede met sy span se benoeming.
Die kriteria vir die kompetisie is onder andere die uitleg van rakke in die winkel, die verskeidenheid produkte, hoe getrou rekeninge betaal word, die gehalte van promosies en kliëntediens. Beoordeling vind oor die verloop van 'n jaar plaas.
Stilbaai OK is slaggereed vir volgende jaar se kompetisie met planne vir uitbreiding aan die drankwinkel om hul diens nog beter te maak.
André von Molendorff en sy skoonseun JC Janse van Rensburg. Foto's: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'